CC Compassion
CC Compassion verteenwoordig Liefde in Aksie. Ons weerspieël die transformerende krag van God se liefde deur dienswerk te doen vir kwesbare mense met beperkte hulpbronne. Ons gemeente reik op ‘n gereelde basis uit na die gemeenskap.
CC Compassion bestaan uit die volgende spanne:
Herleef Thrift Shop
Ons ontvang skenkings van huisware, klere, speelgoed, skoene en meer. Hierdie goedere word teen billike pryse aan die gemeenskap beskikbaar gestel by ons 'Herleef Thrift Shop' geleenthede.
Spens en Kook
Die fondse wat deur die Herleef Thrift Shop verkope gegenereer word, word aangewend as volg:
- Nie-bederfbare goedere vir ons MES-uitreik
- Bestanddele vir ons medewerkers wat kook vir behoeftige mense in ons gemeenskap, MES- en Ysterplaat-uitreike
MES-uitreik
Ons vat hande met MES (Mould Empower Serve) in Parow, waar ons op Vrydae nie-bederfbare goedere uitdeel en op Sondae-aande per geleentheid dienste aanbied en etes bedien.
Ysterplaat-uitreik
Ons ondersteun Isibindi Initiatives deur middagetes te voorsien aan kwesbare kinders wat deel vorm van ‘n nasorgprogram. Hierdie kinders word spesifiek deur Ysterplaat Laerskool geïdentifiseer.
Kontakpersoon
Kontakpersoon: Esmari Clausen / Angie Karelse 079 054 1515
Kerkkantoor: info@corpus-christi.co.za